Local newsNews

Roodepoort groet geliefde partytjietreindrywer Dawie

Dawie word oorleef deur sy drie kinders, sy suster en broer, asook sy ma en pa.

 

Die bekende partytjietreindrywer, Dawie van Niekerk het onlangs na ‘n lank stryd met kanker gesterf, en word met liefde deur sy familie onthou.

Dawie se lewensmaat, Gesina Erasmus, het vir die Record ‘n huldeblyk geskryf, om seker te maak dat ons nie vir Dawie vergeet nie.

“Dawie, bekend as die kuiermens, altyd reg met ‘n staaltjie en sy grappies is oorvertel in baie vriendekringe. Lojale vriend en baie geliefd onder die inwoners van Witpoortjie.”Dawie het graag met liefdadigheidswerk gehelp en was altyd bereid om ‘n bydrae te lewer in die vorm van kindervermaak – van treinritte tot verfborde – en het bekend gestaan onder die kindertjies as Oupa Treintjie. Met sy gekleurde pruike en groot bril was hy altyd besig om kinderharte bly te maak.

“[Hy het] funksies vir Gateway en tot en met voorverlede jaar vermaak verskaf aan Lappiesland-projek vir minderbevoorregte kinders van die Nederduitsch Hervormde Kerk Culembeeck. Afstand was nooit te ver vir Dawie om te ry nie en hy het kindervermaak verskaf tot in Pretoria en Witbank.

“Dit was vir Dawie baie belangrik om ‘n kind te sien wegstap met ‘n glimlag en tevrede gesiggie. Dawie los ‘n groot leemte in die gemeenskap. [Hy] gaan gemis word deur sy familie en groot vriendekring.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button