NewsSchools

Bastion groet mnr Bartman na 17 jaar

'Ons wens hom 'n rustige aftrede toe'

 

Hoërskool Bastion het op 31 Januarie op ‘n besondere wyse van hul adjunkhoof, Tinus Bartman, afskeid geneem. .

Hy het na 17 jaar diens afgetree en om hierdie hoofstuk in sy lewe op ‘n tasbare manier af te sluit het hy die klok op die vierkant gelui. Daarna het hy deur die erewag wat die leerders gevorm het, hek toe gestap.

Tinus Bartman (regs) en sy vrou tydens die afskeidseremonie by die skool. Foto: Verskaf.

Gert Koekemoer, die skoolhoof, het Tinus met die volgende woorde gegroet, “Vandag, na 17 jaar getroue diens by Hoërskool Bastion, neem ons afskeid.

Ons wens Meneer Bartman ‘n rustige aftrede toe en sterkte met die nuwe hoofstuk in sy lewe. U laat vir seker ‘n groot leemte. Carpe diem.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button