NewsSchools

Roodies skop jaarlikse boelieweek af

Afriforum was ook deel hiervan

 

Laerskool Roodekrans het onlangs hul jaarlikse Teenboelieweek met die hulp van AfriForum en hul gelukbringer afgeskop.

Daar was elke dag van die week ‘n ander tema wat op ‘n prettige en interaktiewe wyse aan die leerders oorgedra is. Die temas het die volgende ingesluit – boelie jy jouself en ander?; moenie ander boelie omdat hulle anders is of lyk nie; en kuberboelies.

Leandi Brassler het saam met AfriForum by Laerskool Roodekrans besoek afgelê. Foto: Verskaf.

Natasha Smit het saam met die leerders vrugteskommels gemaak, en daar was ook ‘n opwindende en opvoedkundige poppekas vir die jonger leerders om hulle oor boelies te leer.

AfriForum se teenboelieveldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in.

Leandie Brassler, ‘n navorser by die AfriForum Navorsingsinstituut het gesê, “Dit is vir AfriForum baie belangrik om saam met ouers, kinders en onderwysers te werk om ‘n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan”.

Stuur ’n epos na leandie.brasler@afriforum.co.za indien jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button