Local newsNews

Roodepoort Sentrum vir Bejaardes ontvang donasie

Die skenking was spesifiek vir die Alzheimer-lyers.

 

Die pasiënte in die Alzheimer-afdeling van die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes (RSVB) het onlangs ‘n skenking van lede van die ATKV-tak Arendsnes ontvang.

Joe le Roux, dié tak se ondervoorsitter het verduidelik, “Ons het gevoel dat ons iets besonders wou doen om ‘n bietjie lig in die lewens van die Alzheimer- en ander sorgbehoewende pasiënte by die RSVB te bring”.

Hulle het met die RSVB-bestuur gesels en ooreengekom dat die geld gebruik sou word om ondermeer hoede vir die pasiënte aan te skaf. “So kan ons sonbrand voorkom wanneer toegewyde RSVB-versorgers met die pasiënte in die somerson gaan stap,” het hy gesê.

Die geld sal ook gebruik word om spesiale toestelletjies te koop wat van die plafon af hang. “Wanneer daar aan hierdie toestelletjies getrek word, speel ‘n deuntjie wat ongekende vreugde en oomblikke van meelewing onder Alzheimer-pasiënte bring. Dit is iets wat hulle selde beleef. Die toestelle help ook dat die pasiënte gereeld opkyk wanneer hulle die deuntjie hoor, nog iets wat hierdie groep mense selde doen,” het Joe gesê.

Hy het met die volgende woorde afgesluit, “Die Arendsnessers is dankbaar dat hulle op hier beskeie, maar ook lewensveranderende manier ‘n bydrae kon lewer tot die welstand van die hoësorgbehoewende inwoners van die RSVB”.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button