NewsSchools

Ses stelle tweelinge en een drieling vir Havies

'Ons weet dit gaan ‘n besondere jaar wees'

 

Laerskool Dr Havinga is hierdie jaar geseën met ses stelle tweelinge en een drieling wat hul skoolloopbaan by dié skool begin het.

Volgens Anesta Zevenster, die skool se skakelbeampte is daar vyf stelle tweelinge wat vanjaar met Graad R begin het. In Graad 1 het hulle ‘n tweeling en ‘n drieling verwelkom.

Mia en Alyssa Heyns het ook by die Graad R’e aangesluit.

Riley en Tamzin Snyman, Mia en Alyssa Heyns, Kearabilwe en Rearabilwe Montsho, Shunine en Rudolph Jordaan sowel as die Lategan-tweeling het almal by die Graad R Havie Haasbekkies aangesluit.

Matthew en Joshua McKittrick, en JJ, Anzel en Hailey Woest is almal vanjaar in Graad 1.

Matthew en Joshua McKittrick op hul eerste skooldag.

“Baie welkom by die Havies, ons weet dit gaan ‘n besondere jaar wees!” het Anesta afgesluit.

Kearabilwe en Rearabilwe Montsho is ook nuwe Graad R-maats.
Riley en Tamzin Snyman het met Graad R begin. Foto’s: Verskaf.
Shunine en Rudolph Jordaan is baie opgewonde om hul Graad R-jaar te begin.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button