Editor's choiceLocal newsNews

Selfdoen Kersgeskenk-idees

Maak jou geliefdes se hart bly met hierdie oulike selfdoenidees.

Kersfees is amper hier en net die gedagte aan geskenke koop besorg aan meeste van ons slapelose nagte.

Die idee om in die besige winkelsentrums rond te loop op soek na daardie spesiale geskenk vir jou geliefdes, en die geld wat spandeer moet word laat jou skouers op ‘n knop trek en jou kop klop van spanning.

Ontspan. Hierdie ses oulike selfdoen geskenkidees sal jou geliefdes se harte baie bly maak, en in die proses vir jou ook ‘n paar rand spaar.

1. ‘n Instagram-drupmatjie is die perfekte geskenk om die chroniese selfie-koning of -koningin se hart baie bly te maak. Neem jou geliefdes se spesial oomblikke en verewig dit op ‘n prettige maar tog funksionele drupmatjie. Om te sien hoe om dit te maak, gaan na https://foammagazine.com/2012/03/instagram-coasters/.

2. Papiermâché-bakkies wat met bladgoud oorgetrek is lyk indrukwekkend maar is maklik om te maak. Die kleefbare bladgoud behoort by jou plaaslike kunswinkel beskikbaar te wees of jy kan dit by www.sasupplies.com kry. Gaan na https://www.haffandgrainblog.blogspot.co.za/2013/05/gold-leafed-paper-mache-bowl-diy.html vir instruksies om hierdie oulike bakkies te maak.

3. Almal het ‘n oulike sakkie nodig om kleingeld in te bêre, of dalk ‘n unieke handsakkie. Bederf die modepoppie in jou lewe met dié oulike geverfde sakkie. Om te sien hoe om dit te maak, gaan na

https://mintedstrawberry.blogspot.co.za/2012/11/diy-artsy-pouch.html.

4. Vir ‘n heerlike badbederf, maak hierdie maklike peperment-suikerskrop. Vir instruksies om dit te maak, gaan na https://www.theidearoom.net/2012/11/peppermint-candy-cane-sugar-scrub.html.

5. Vir die obsessiewe notaskrywer en lysiemaker sal dié oulike notaboekies die perfekte geskenk wees. Hulle is klein genoeg om in jou handsak te pas. Om te sien hoe dit gemaak word, gaan na https://www.eatsleepcuddle.com/2012/04/to-do.html/.

6. Die diere- en boekliefhebber sal mal wees oor hierdie oulike boekstut. Dit sal nie net iemand se boekversameling stewig hou nie, maar dit lyk ook fantasties. Vir die instruksies gaan na https://www.natalme.com/diy-animal-bookend/.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button