Editor's choiceLocal newsNews

Gemeentekinders leer wat omgee beteken

'Ons het hulle geleer om om te gee – vir hulle gesin en die gemeenskap'

 

Die NG Kerk Wilgespruit het gesorg dat Kersfees so ‘n klein bietjie vroeër kom vir die kinders van Angel’s Place, Baba Moses en Bethany Huis.

Dominee Braam Smit het verduidelik, “Ons het in die laaste semester die kinders van die gemeente geleer om om te gee en diensbaar te wees; nie net vir hul gesinslede nie, maar ook vir die gemeenskap. Hierdie geleentheid was ons praktiese gedeelte waar ons ons Lewe en Gee Om- (Lego-) projek uitgevoer het.”

Norah Khabitole, Grace Kortjase en Bridgett Maruping van Bethany Huis.

Hy het bygevoeg dat hulle die kinders wat in verskeie huise van veiligheid woon, na hul gesinsdiens genooi het, en het gesê, “Ons het die Lego Kersbokse na die diens oorhandig. Dit het basiese benodigdhede bevat, maar ook ietsie lekker om Kersfees te vier. Die gemeente het die inhoud van die bokse geskenk, en elke boks is spesiaal vir elkeen van die kinders gepak.”

Christo en Lanie de Klerk van Baba Moses.

Die projek het uit drie dele bestaan. “Eerstens gee ons om oor ons maats se harte deur saam met hulle kerk toe te gaan en saam te sing en te dans. Tweedens gee ons om oor hul behoeftes, daarom gee ons vir hulle die bokse vol goedjies wat hulle benodig. Laastens speel ons saam want alhoewel ons maats ander behoeftes as ons het, bly hulle kinders wat ‘n behoefte het aan aanvaarding, liefde en speel,” het Braam vertel.

Nadat die formaliteite afgehandel is, het al die kinders heerlik buite gespeel en roomys geëet.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button