Omgee-ontbyt vir ‘n omgee gemeenskap

Ons bly in 'n omgee-omgewing en daarom is hierdie ontbyt gereël

 

Die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes het ‘n Omgee-ontbyt vir sy omgee-gemeenskap aangebied.

Na slegs drie maande by die sentrum het die nuut aangestelde maatskaplike werker, Albertha Oosthuizen reeds ‘n dramatiese verskil in die lewens van die bejaardes gebring. Nie net het sy ‘n musiekgroepie saamgestel wat by die ontbyt opgetree het nie, sy beplan ook reeds verskeie projekte vir die nuwe jaar.”Ons bly in ‘n omgee-omgewing en daarom is hierdie ontbyt gereël,” het sy gesê.Jolene Peyper, bestuurder van die sentrum het gesê hulle wou met die ontbyt die vrywilligers en rolspelers in die gemeenskap bedank vir hul getroue bydraes tot die sentrum.

Albertha het ook ‘n lys van behoeftes en projekte met die gaste gedeel.

Die sentrum se onmiddellike behoeftes sluit in:

• Klavier vir Sentrum 7

• Grootskerm TV vir Sentrum 5

• Babawiegie en poppe

• Voëlhokkie met voëltjie

• Breiwol

• Donasie vir musiekinstrumente

• Geskenkies ter waarde van R100 vir verjaarsdae van inwoners 90 en ouer

• Borg van etekaartjies vir siek inwoners van Sentrum 4.

Die sentrum het ook deurlopende maandelikse behoeftes aan:

• Aanrol-deodorant

• Tandepasta/ Steradent

• Sjampoe

• Aqueous cream

• Waslappe

• Tandeborsels

• Skeermesse

Hulle sal ook koekies, lekkers en tydskrifte waardeer.

Die sentrum het verskeie projekte waaraan hulle deur ‘n jaar werk en vra dat die gemeenskap deel word daarvan.

Die projekte sluit in:

• Moeder-/ Dogter-tee

• Adopt a Granny-projek

• Vrywilligers wat help met vervoer van inwoners

• Vrywilligers wat verrassings- of omgeebesoeke kan aflê by inwoners van Sentrum 1

• Help met jaarlikse Comrades Marathon-dag

• Reël en betaal ‘n gaskunstenaar om inwoners eenmalig te vermaak

• Reël ‘n gaskunstenaar vir fondsinsameling vir RSVB weg van die sentrum

• Reël dat ‘n koor kom optree by die sentrum

• Reël dat inwoners kooroptredes, revues of toneelopvoerings bywoon weg van die sentrum

• Help met begeleiding van samesang op klavier, sleutelbord, orrel of kitaar by die sentrum

• Reël sosiale uitstappies vir inwoners

Indien daar enigiemand is wat bystand kan verleen, kotank Jolene of Albertha op e-pos maatskaplik.rsvb@lantic.net

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version