Twee leerders van Laerskool Roodekrans – Lehan Kruger (Graad 7) en Jessy Bekker (Graad 6) – het aan die nasionale eindrondte van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se Spelathon deelgeneem.
Die kompetisie is in Stellenbosch gehou, en van die beste spellers in die land het met mekaar gekompeteer.
Lehan het ‘n agtste plek behaal en Jessy het in die Top 3 geëindig. Sy het onder andere ‘n kontantprys, CD’s en DVD’s gewen.
Die hoof en personeel is baie trots op hierdie twee leerders wat die skool se naam hoog gehou het met hul besondere prestasies.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!