Editor's choiceNewsSchools

Roodie-speller in Top 3

Hulle het aan die nasionale eindrondte van die ATKV-Spelathon deelgeneem

 

Twee leerders van Laerskool Roodekrans – Lehan Kruger (Graad 7) en Jessy Bekker (Graad 6) – het aan die nasionale eindrondte van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se Spelathon deelgeneem.

Die kompetisie is in Stellenbosch gehou, en van die beste spellers in die land het met mekaar gekompeteer.

Jessy Bekker en Lehan Kruger het aan die nasionale eindrondte van die ATKV-Spelathon deelgeneem. Foto’s: Verskaf.

Lehan het ‘n agtste plek behaal en Jessy het in die Top 3 geëindig. Sy het onder andere ‘n kontantprys, CD’s en DVD’s gewen.

Die hoof en personeel is baie trots op hierdie twee leerders wat die skool se naam hoog gehou het met hul besondere prestasies.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button