Editor's choiceLocal newsNews

Sy hart klop op die ritme van die tromme

'Ek het van jongs af 'n passie vir musiek – veral tromme'

 

Vir die 15-jarige Starr Honeyball is die ritme van tromme nie net musiek in sy ore nie; dit is voedsel vir sy siel.

Hy het vertel dat hy reeds van kleins af ‘n passie vir het, spesifieke vir tromme. “Ek het besluit dat dit die instrument was wat ek wou leer speel en toe ek 10 was het ek by Swallow 15 Musiekskool tromlesse begin neem. Ek was nog nie een dag daaroor spyt nie,” het Starr gesê.

Starr neem al die afgelope drie jaar aan die Kids with Talent SA-musiekkompetisie deel en het baie goed gevaar. “In 2016 het ek ‘n tweede plek in die plaaslike uitdunne behaal en in die finale rondte onder die Top 10 geëindig. Verlede jaar het ek ‘n eerste plek by die plaaslike uitdunne behaal, en ‘n Golden Ticket na die finale rondte gekry, waar ek vierde geëindig het. Tydens vanjaar se kompetisie het ek dieselfde uitslae in die plaaslike uitdunne behaal, maar ‘n derde plek in die finale rondte behaal,” het vertel.

Starr se grootste inspirasie en rolmodelle is die tromspelers wat hy al op televisie gesien het. “Van al hierdie bekende tromspelers is Rick Allen van Def Leppard my grootse inspirasie. Hy het net een arm maar dit het nooit in die pad van sy lewensdroom gestaan nie,” het hy gesê.

Sy grootste motivering om aan te hou speel, is dat hy dit vreeslik geniet om mense te vermaak. “Ek glo musiek is goed vir jou siel, en as ek die geleentheid kry om dit met die talent wat ek ontvang het, te deel, maak dit my baie gelukkig,” het Starr gesê.

Starr, wat ‘n Graad 9-leerder by Hoërskool Bastion is, het groot toekomsplanne. “Ek kan op die elektriese en akoestiese tromme speel, maar ek sal ook graag wil leer sing. Ek wil ook aanstaande jaar my eie musiekgroep begin en musiek my loopbaan maak,” het hy verduidelik.

Alhoewel sy dae redelik vol is met skoolwerk, hokkie-oefening en huiswerk, maak hy genoeg tyd om ‘n tromoefening in te pas. “As jy ‘n passie het vir dit wat jy graag wil doen en bereid is om hard te werk en baie te oefen, sal jy jou droom bewaarheid,” het hy afgesluit.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at northsider@caxton.co.za  (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Roodepoort Record

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Related Articles

Back to top button