Editor's choiceLocal newsNews

‘Om so naby aan my rugbyhelde te staan, was ongelooflik!’

'Dit was twee dae voor die sluitingsdatum maar ek het ‘n kans gevat'

 

Baie negejariges droom daarvan om hul Springbok-rugbyhelde in lewende lywe te sien, maar dit is baie van hulle nie beskore is nie.

Roelien Groenewald, ‘n Graad 3-leerder by Laerskool Florida, is onlangs uit duisende hoopvolles gekies om op ‘n stampvol Loftus Versfeld ‘n vlagdraer te wees tydens die toets tussen die Springbokke en die All Blacks van Nieu-Seeland.

Marie Groenewald, Roelien se ma, het vertel, “Roelien het in Junie verjaar en toe ek in Julie wou bel om te hoor of haar verjaardagkaart van Spur nog geldig is, het ek op die kompetisie afgekom. Dit was twee dae voor die sluitingsdatum maar ek het ‘n kans gevat.

Toe hulle my in Augustus gekontak het, het ek gedink dit is telebemarkers en het amper die foon in die vrou se oor neergesit!”

Roelien Groenewald voor die rugbytoets op Loftus Versfeld. Foto: Lee Warren/Gallo Images.

Sy het bygevoeg dat rugby vir hulle as gesin baie belangrik is, en hulle was baie bly oor die nuus. “Dit was vir ons ‘n groot prestasie en eer, en almal was baie opgewonde,” het sy gesê.

Roelien het dit beaam en bygevoeg, “Toe my ma my vertel het, kon ek dit nie glo nie!”

Die Woensdag voor die groot toets het hulle ‘n oefenlopie gehad waartydens hulle gewys is wat hulle op Toets-dag sou doen. Roelien het verduidelik, “Hulle het ons voorberei op die skare se reaksie, en gesê dat ons nie moes skrik as die mense juig of ons dalk uitjou nie. Die belangrikste was dat ons nie vir die vuurwerke moes skrik nie, en ook om die vlag so te hou dat dit nie aan die brand slaan nie.”

Hulle het ook hul uitrusting vir die groot dag ontvang, wat bestaan het uit ‘n spesiale T-hemp, kortbroek en kouse. “Ek was super opgewonde die aand voor die tyd, en wou sommer in daardie klere slaap! Ons het vroeg die oggend al die pad Pretoria toe aangepak,” het Roelien gesê.

Die vlagdraers het almal in hul eie kleedkamer bymekaar gekom voordat hulle op die veld gestap het. Roelien het vertel dat sy net aan een ding kon dink, en dit was om nie te skrik wanneer sy voor amper 60 000 mense op die veld moes staan nie. “Ek het die volkslied uit volle bors saam gesing, en het al die woorde geken, want ons sing dit elke dag by die skool,” het sy trots vertel.

Maar wat was vir haar die beste herinnering van die dag? “Net om op die veld voor al daai mense saam met die Bokke te kon staan, was iets wat ek nooit sal vergeet nie. Dit was ‘n kans van ‘n leeftyd, en was ongelooflik. En, natuurlik om vir Faf, Eben en Handré van so naby af te sien, is iets wat ek vir altyd sal onthou!” het sy afgesluit.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button