Twee leerders van Laerskool Florida het aan die afgelope Nasionale Abacus Wiskundekampioenskappe deelgeneem en baie goed presteer.
Keanu Nel het vir die tweede agtereenvolgende jaar die Kampioen-trofee verower toe hy ‘n algehele tweede plek in sy kategorie behaal het. Sy suster, Dominique, het ‘n silwermedalje in haar kategorie verower.
Met hierdie prestasies het albei gekwalifiseer vir deelname aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in September.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!