Florrie-leerders stel hul talent ten toon

Hulle het behoorlik met hul talente gespog

 

Hoërskool Florida se leerders het die gehoor in die skoolsaal op die punte van hul stoele gehad tydens die jaarlikse Florries got Talent-kompetisie.

Andrea de Lange was ‘n kategoriewenner.

“Die deelnemers het behoorlik met hul talente kom spog, en ons sê baie geluk aan 2018 se wenners,” het Morné Hanekom, die skool se bemarkingsbeampte gesê.

Kristi Lambrecht en Karli Pretorius was kategoriewenners en het ook ‘n algehele tweede plek behaal.

Die wenners in die verskillende kategorieë is:

• Andrea de Lange (solodans)

• NLF (groepdans)

• Zané Snashall (instrumentaal)

• Kristi Lambrecht en Karli Pretorius (groepsang)

Die algehele wenners was:

• Renier Liebenberg en Abigail La Manna (derde plek – groepsang)

• Kristi Lambrecht en Karli Pretorius (tweede plek – groepsang)

• Lizo Lorekwang, Lucky Maqungwane en Tshiamiso Moncho (eerste plek – groepdans).

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version