‘n Putjie vir liefdadigheid

"Dit bly ‘n voorreg om te kan gee en genade om te kan ontvang."

Soos al die vorige jare was dié jaar se Grain Care-gholfdag baie geseënd met vrygewige en vriendelike gaste. Die gholfdag dien as fondsinsameling vir spesifieke projekte wat Grain Care aanpak en is by die Ruimsig Gholfklub gehou.

Vanjaar het Grain Care daarop gefokus om fondse spesifiek in te samel vir twee leerders van die Wes-Randse Skool vir Gestremdes wat spesiale rolstoele (buggies) nodig het, vir die Kindersorgvereniging in Vanderbijlpark wat tans in nood verkeer, Pink Trees vir Pauline (Cansa-verwant) asook vir Grain Care se winterprojekte, naamlik ‘Komberse en Kos’.

Hulle is ook betrokke by ‘n projek in samewerking met Andries Vermeulen waardeur ongeveer 22 000 voedsame etes aan onder andere kinderhuise en ouetehuise voorsien is.

Mathys Spangenberg wys hoe dit gedoen word.
Foto: Bianca Pindral.

Tydens die gholfdag is meer as R300 000 vir liefdadigheid ingesamel.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at northsider@caxton.co.za  (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Roodepoort Record

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Exit mobile version