NewsSchools

Roodie-leerders vier hoof se spesiale dag

'Dit was vir my baie spesiaal'

 

Laerskool Roodekrans se hoof, Deon Rosseau, het onlangs sy 50ste verjaardag saam met honderde opgewonde leerders gevier.

Deon het onder luide toejuiging van die leerders op die pawiljoen in ‘n Piaggio-driewielmotorfiets genaamd Toktokkie op die sportveld aangekom. Toktokkie is deur die Vespa-entoesiaste, die Chicken Runners vergesel.

Léhan Kruger, en Olivia Strydom (regs) het ‘n spesiale geskenk aan Deon Rousseau (middel), oorhandig.

Terwyl die bromponies en Toktokkie om die veld gery het, het die leerders uit volle bors saam met Kurt Darren se treffer, Jy is ‘n Legend gesing.

Die hoofleiers het elkeen ‘n spesiale boodskap aan die hoof oorgedra, en ook vir hom ‘n verskeidenheid geskenke oorhandig, onder meer ‘n R1 600 geskenkbewys en ‘n getekende hemp van sy gunsteling rugbyspan – Die Stormers.

Riaan Swanepoel het ‘n geskenkbewys aan Deon Rousseau oorhandig.

Daarna het Deon die kersies op sy verjaardagkoek uitgeblaas terwyl die leerders Veels geluk liewe maatjie gesing het.

Sien video hier: 

“Dit is so spesiaal en dit laat my baie nederig voel. Ek moet erken, ek moes swaar sluk om die trane te keer. Op so ‘n dag is die kinders se opgewonde gesiggies altyd vir my die heel beste. Ek het heelweek vermoed dat my personeel en leerders iets in die mou voer, maar was baie verbaas toe die Vespa-groepie my in die Toktokkie vergesel het. Dit was ‘n ongelooflike gevoel, en ons het definitief die verkeer om die skool tot stilstand gebring,” het Deon gesê.

Deon Rousseau in die Toktokkie. Foto’s: Adéle Bloem

Dawie Ras van die Chicken Runners het gesê, “Ons Vesparadie is net te bly om op die scooters te spring en iets vir ons gemeenskap te doen. Dis altyd lekker om te kan ry en om in dieselfde asem iets vir iemand anders te kan doen, is ‘n groot voorreg.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button