Editor's choiceNewsSchools

Roodie-spellers in Top 3

Jessy en Lehan verower onderskeidelik 'n tweede en 'n derde plek

 

Twee leerders van Laerskool Roodekrans, Lehan Kruger en Jessy Bekker, het aan die Gauteng-finaal van die ATKV-Spelathon deelgeneem, en in die Top 3 geëindig.

Twee en dertig leerders van regoor Gauteng het deelgeneem aan die finaal wat by Bryanston Parallel Medium plaasgevind het. Jessy het ‘n tweede plek en Lehan ‘n derde plek losgespel.

Lehan Kruger en Jessy Bekker het aan die Gauteng-finaal van die ATKV-Spelathon deelgeneem. Foto: Verskaf

Theolene Pienaar van die skool het gesê, “Baie geluk aan hierdie twee leerders wat so hard gewerk het en ons skool se naam hoog gehou het. Dit is werklik ‘n uitstaande prestasie aangesien dit ‘n provinsiale finaal is. Dit is boonop die tweede keer dat Laerskool Roodekrans twee leerders in die Top 3 het.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button