Editor's choiceLocal newsNews

Ons Huis benodig donasies

'Alle donasies word opreg waardeer'

 

“Dit is met die publiek se ondersteuning, vrygewigheid en liefde dat ons die ekstra goedjies aan ons inwoners kan verskaf.

“Ons weet ons vra aanhoudend vir donasies, maar dit is die enigste manier waarop ons die klein goedjies, wat nie deur die inwoners se karige pensioen gedek word nie, kan verskaf,” het Marita van der Berg, die bestuurder van Residentia Ons Huis in Florida gesê.

Sy het bygevoeg dat hulle altyd weggooidoeke vir volwassenes benodig, asook toiletware. “Wanneer jy jou inkopies doen, hoekom sit jy nie ‘n ekstra seep, tandepasta of deodorant vir ons inwoners in jou mandjie nie? Enige donasies sal met dankbaarheid ontvang word,” het sy gesê.

Marita het ook vertel van die vyf inwoners wat finansiële bystand nodig het omdat hulle hul familie en pensioene oorleef het. “Hulle is deel van die Ons Huis-familie en ons sal hulle nooit na ‘n staatsfasiliteit toe stuur nie. Daarom wil ons deur ons Neem-‘n-Ouma-aan-projek probeer om geld in te samel om hulle by te staan,” het Marita vertel.

Om ‘n Ouma aan te neem kos net R500 per maand, en dit sal verseker dat hierdie inwoners steeds al die liefde en sorg, asook alles wat Ons Huis kan verskaf, sal ontvang. “Dit sal ook sorg dat hulle ‘n geskenkie vir hul verjaardag en Kersfees sal ontvang,” het sy gesê.

Indien daar iemand is wat meer oor die Neem-‘n-Ouma-aan-projek wil uitvind, of weet van verskaffers of verkopers wat kan help om in die Ons Huis-inwoners se behoeftes te voorsien, kontak gerus vir Marita of Irene by 011 672 5018.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button