Editor's choiceMunicipalNews

Front Nasionaal stig tak in Roodepoort

'n Party vir dié wat nie aanklank vind by ander konserwatiewe partye nie.

Advokaat Jurg Prinsloo wat van Mei 1987 tot April 1994 die Konserwatiewe Party (KP) se parlementslid vir Roodepoort was, het aangekondig dat Front Nasionaal (FN) ‘n tak in Roodepoort gestig het.

Volgens Prinsloo is FN ‘n geregistreerde Suid-Afrikaanse politieke party met ‘n baie maklik verstaanbare beleid: “Selfbeskikking vir die Afrikanervolk en elke ander volk of kultuurgroep wat sy volkeregtelike reg op selfbeskikking wil uitoefen. Elke lid van ons volk en breër kultuurgroep kan lid van FN word. Ons ondersteun alle ander volke en kultuurgroepe wat ook streef na selfbeskikking. Dit impliseer noodwendig dat ons anti-kommunisties, en anti-Nuwe Wêreldorde is. Geen lid van ‘n geheime organisasie of ander politieke party kan lid word nie.

“Net soos ons in 1994 voorspel het, is ons nou by die punt waar die kommunistiese ANC en EFF en hul rassistiese meelopers hierdie land se infrastruktuur en basiese gemeenskapsdienste grootliks vernietig het; polities die teelaarde geskep het waarin moord, roof, korrupsie en ander vorms van misdaad gedy en waaraan sekere van hul voorbokke deelneem; kommunistiese waardes in ons onderwys, veral in universiteite en kolleges, ingefiltreer het; ons taal en kultuur institusioneel onderdruk het; en nou selfs voorberei om ons eiendom te steel onder die dekmantel van die Grondwet soos hulle hom skryf of interpreteer,” het Prinsloo in ‘n persverklaring geskryf.

Die tak is op 14 Mei gestig en Prinsloo het belangstellendes genooi om hulle webblad https://fnsa.co.za/ te besoek.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button