Editor's choiceLocal newsNews

Nathan gee eerste tree op lang herstelpad

‘Eerste prosedure was suksesvol’

 

Die tweejarige Nathan Ungerer se ouma, Selona van Aswegen, se droom om vir hom sy eerste paar skoene te koop, is een stappie nader daaraan om bewaarheid te word.

Nathan is net na geboorte met Milroy se Siekte gediagnoseer. Die toestand staan ook as limfedeem bekend. Dit is ‘n oorerflike siekte wat veroorsaak dat een ledemaat twee keer vinniger as die ander een groei. “Volgens die dokters swel die voet omdat limf uit die limfvate lek en dan in die limfselle en ruimte rondom die selle ophoop,” het sy verduidelik.

Nathan Ungerer saam met sy ma, Sonévan Wyngaardt na die operasie. Foto’s: Verskaf

Alhoewel hulle menigmaal aangeraai is om Nathan se voet te laat amputeer, was dit nooit vir hulle ‘n opsie nie. Dokter James van der Merwe, ‘n plastiese chirurg by Life Wilgeheuwel Hospitaal het toe gesê dat hy vir Nathan kan help, sonder om sy voet te amputeer.

Lees ook: Elke tree is een nader aan ‘n oplossing

Aanvanklik sou hy die eerste operasie vroeg in Februarie gedoen het, maar omdat Nathan ‘n bakteriese infeksie gehad het, is dit uitgestel. Nadat die infeksie opgeklaar het, is die eerste van minstens drie operasies uitgevoer.

Nathan Ungerer se linkervoet is baie groter as sy regtervoet.

“Nathan se eerste operasie was suksesvol. Die dokter het 250g vet verwyder en sy groottoon geamputeer. Sy voet is nou in gips met ‘n dreineringsbuis. Die voet is steeds baie groot en verdere beplanning sal gedoen word soos hy vorder,” het Selona gesê.”

Nathan sal gereeld vir opvolgbesoeke moet gaan en die volgende operasie behoort binne drie tot vier maande gedoen te kan word, afhangende van hoe hy op die behandeling reageer.

Nathan Ungerer voor die operasie.

Om ‘n bydrae vir Nathan se behandeling te gee, kontak Amor van die Child Medi Organisasie by 062 266 0486, besoek hul webtuiste by https://www.childmedi.org of gaan na die Facebook-blad https://www.facebook.com/childmedi.org/?fref=ts.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button