Editor's choiceNewsSchools

Nuwe klere vir Kruiner Klitsies

So word hulle op Graad 1 voorberei

 

Die Graad RR- en R-leerders van Laerskool Helderkruin het nou ook hul eie ‘skoolklere’.Hanli-Mari Olivier, die skool se skakelbeampte het verduidelik, “Die nuwe uitrustings vir die Kruiner Klitsies is nie verpligte skooldrag nie, maar ons glo dat dit wel bydra tot ‘n gevoel van eenvormigheid en die Klitsies laat voel dat hulle aan ‘n sekere groep behoort.

Dit is ook die eerste stappie om die kleintjies op Graad 1 en ‘n skooluniform voor te berei.”

Sy het bygevoeg dat die kleintjies elke dag kan kies tussen ‘n pienk, donkerblou, ligblou, rooi of groen hempie om saam met ‘n donkerblou kortbroekie te dra. Dit sal help om hul ander klere ‘n bietjie langer te laat hou. “Ouers spaar geld en tyd, want nou weet hulle presies wat hulle die volgende dag gaan aantrek!”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button