Editor's choiceNewsSchools

Bastion se groentjies kuier in Madagaskar

Konsert neem gehoor saam op safari

 

Die Graad 8’s van Hoërskool Bastion is na afloop van die gala-aand van die groentjiekonsert as volwaardige Bastionners ingelyf.Die Madalemuriete – soos die groentjies bekend gestaan het – het die gehoor met ‘n safari deur Madagaskar vermaak. Riaan de Jager en Carmen Jacobs was Melman en Gloria wat deur die foto-album van hul Madagaskar-avonture geblaai het, en die groentjies het op die maat van polsende musiek en flitsende ligte die herinneringe uitgebeeld.

Die hoofkarakters se sêgoed en uitbeelding van hul spesifieke karakters het die gehoor behoorlik vermaak, en elke klasitem het dawerende applous ontvang.

Maar, die hoogtepunt van die aand se verrigtinge was definitief die inlywingseremonie, die sing van die skoollied asook die uitvoering van die kreet, waarna hulle as volwaardige Bastionners verwelkom is.

Vir al die fotos, kliek hier

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button