Editor's choiceLocal newsNews

Witpoortjie-paartjie vier 60 jaar van liefde

Vic en Gerda Trollip se liefde blom steeds

 

‘n Witpoortjie-egpaar het onlangs hul 60ste huweliksherdenking saam met hul familie gevier.Vic, 82, en Gerda, 79, Trollip woon al 18 jaar in Witpoortjie, maar hulle verhaal het in Triomf, Johannesburg begin. “Ons het mekaar in Johannesburg ontmoet, en ons drie kinders – Karen, Kobus en Joey – het in Triomf grootgeword. Daarna het ons Witpoortjie toe getrek, waar ons die afgelope 18 jaar in die Witpoortjie Senior Park aftree-oord woon,” het Vic vertel.

Gerda en Vic Trollip saam met hulle kinders, kleinkinders en agterkleinkinders tydens die viering van hul huweliksherdenking. Foto’s: Verskaf

Maar, wat is hulle geheim vir so ‘n lang huwelik? “Wedersydse respek en, die belangrikste, om te leer om stil te bly sodat jou vrou die argument kan wen!” het hy met ‘n groot glimlag vertel.

Hy het bygevoeg dat hulle ‘n interessante vriendskap gesmee het toe hulle na die aftree-oord verhuis het, en het vertel, “Ons het met Lood en Bella de Jager bevriend geraak, en sommer gou-gou agtergekom dat ons nogal heelwat in gemeen het. Hulle het ook jare lank in Triomf gewoon, albei vroue het twee dogters en ‘n seun met die naam van Kobus gehad, wat ook in dieselfde laerskool was. Bella en Gerda was ewe oud en het albei in Oktober verjaar en ons het vir 17 jaar in dieselfde aftree-oord gewoon. Lood is ongelukkig verlede Julie oorlede – net kort voordat hy en Bella hulle 60ste herdenking sou vier.”

Gerda en Vic Trollip het onlangs hul 60ste huweliksherdenking gevier.

Die egpaar het hul spesiale dag saam met hulle familie, wat uit drie kinders, ses kleinkinders en nege agterkleinkinders bestaan, gevier.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button