Editor's choiceLocal newsNewsUpdate

Tytan is gereed om lang herstelpad aan te durf

Tytan pak lang herstelpad pad met mening aan

 

“As alles volgens plan verloop, sal Tytan hierdie jaar nog krieket speel!” het Dalene Swarts met ‘n glimlag gesê.

Die tienjarige Tytan het op 24 November ‘n operasie ondergaan om die Achilles-senings in albei sy voete te verleng, sodat hy normaal kan loop. “Na die operasie was Tytan se voete ses weke lank in gips, en die gips is eers onlangs afgehaal,” het Dalene gesê.

Lees ook: Stoeiers help om 10-jarige se droom te bewaarheid

Sy het bygevoeg dat die dokter baie tevrede is met Tytan se vordering, maar daar is nog ‘n lang herstelpad voor. “Hy sal nou dag- en nagspanstukke dra, en ook nog minstens 12 tot 24 maande lank fisioterapie moet kry. Die dagspanstukke is tot bo sy knieë, en na drie maande sal dit korter gemaak word. Hy moet ook minstens die volgende maand met krukke loop,” het sy vertel.

Maar hoe voel Tytan na die operasie, en oor die herstelpad? “Hy het sy op- en afdae, maar hy was van die begin af heel positief. Ons glo dat hy voor die einde van die jaar ten volle sal herstel het, en sy droom om saam met sy maats rond te hardloop en speel sal kan uitleef,” het sy afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button