Editor's choiceLocal newsNews

Tasse vol liefde vul leemtes

Meer as 90 tassies is met liefde gepak

 

Laerskool Dr Havinga se skoolsaal was onlangs ‘n miernes van bedrywigheid toe sowat 90 Solidariteit-taklede en vrywilligers daar bymekaar gekom het om skooltasse te pak.

Adéle Kruger, die streekbestuurder van Solidariteit Helpende Hand se Gauteng-Suid-tak het gesê dat hulle skryfbehoeftes in meer as 900 tasse gepak het. “Soos altyd was hierdie dag ‘n fees waar mense bymekaar gekom het om met liefde hierdie tasse te pak.

Judi Muller (Alberton-tak), Mariëtte van de Werken (Kliëntediens) en Adéle Kruger (Streekbestuurder).

Die tasse gaan volgende jaar aan behoeftige Graad 1’s by verskeie laerskole gegee word, om te verseker dat hulle die jaar op ‘n gelyke voet met hul maatjies kan begin,” het sy gesê.Francois van Vuuren en Pine Pienaar van AGT Sanitation – wat ook tyd afgestaan het om te help – het 1 000 Bybel-storieboeke geskenk, wat saam met die skryfbehoeftes in die tasse gepak is.

Behalwe vir die Solidariteit Helpende Hand-taklede was daar ook verteenwoordigers van verskeie laerskole wat gehelp het. “Dankie aan Peet Badenhorst en sy span van Laerskool Generaal De la Rey, Suné Marais en Jackie le Roux van Laerskool Roodebeeck asook verteenwoordigers van Laerskool Ebenhaeser wat saam met ons gepak het. Ons bedank ook graag vir Leon Visser van Laerskool Dr Havinga vir die gebruik van hul fasiliteite,” het Adéle gesê.

Jackie le Roux (Laerskool Roodebeeck), Peet Badenhorst (Laerskool Generaal De la Rey) en Suné Marais (Laerskool Roodebeeck) het ook help tasse pak. Foto’s: Adéle Bloem

Sy het ook vir George van Die Vleispot-slaghuis bedank vir die vleis wat geskenk is, Gladiator Inflatables vir die springkastele wat die kinders besig gehou het, asook alle ondersteuners wat deur middel hul maandelikse bydraes gehelp het om die tasse en inhoud daarvan te finansier.

“Heerlike samesyn, soveel welwillendheid en ‘n goeie daad het weereens gesorg vir ‘n perfekte dag!” het Adéle afgesluit.

Vir meer inligting kontak Adéle Kruger by 079 881 3338 of Mariëtte van de Werken by 071 548 8013.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button