Editor's choiceLocal newsNewsUpdate

‘God het sy mooiste pêrel kom haal’

“Zanerique kan nou sonder pyn rondhardloop en speel by haar hemelse Pappa.”

“’n Leë plek, ‘n koue huis, ‘n stil traan en ‘n groot leemte. Ek gaan jou baie mis, my blom,” het Tersia Toerien gesê.

Dit is die woorde van die bedroefde ma van die agtjarige Zanerique Toerien wat op Sondagaand (19 November) om 8.25nm die stryd teen kanker verloor het.

Zanerique en Zhaney Toerien in Januarie vanjaar. Foto: Adéle Bloem

Zanerique is ‘n jaar en ‘n half gelede met breinstamglioma gediagnoseer. Dit is ‘n ongeneeslike tipe breinkanker. Die aanvanklike prognose was dat sy net nog ses tot agt maande sou leef, maar Zanerique het bly veg en haar toestand het selfs aan die begin van vanjaar ‘n aansienlike verbetering getoon.

Lees meer hier: Zanerique – ses maande later

“Jesus het sy koningsdogter baie saggies vanaand kom haal. Sy was so rustig en kalm. Nou kan sy sonder pyn weer hardloop, speel en glimlag totdat ons haar weer sien,” het ‘n emosionele Tersia Sondagaand gesê.

Die nuus is ook op Zanerique se Facebook-blad (Zanerique Support) bekend gemaak, en boodskappe van simpatie het ingestroom.

 

Tersia het vertel dat die begrafnis op Vrydag (24 November) om 11vm by die Veranderde Lewens Kerk, Philipslaan 11 in Discovery sal plaasvind, waarna hulle na die Wespark Begraafplaas, op die hoek van Beyers Naudérylaan en Montgomeryweg, Montgomery Park sal gaan.

Zanerique en Tersia Toerien in September 2016, net nadat Zanerique met breinstamglioma gediagnoseer is. Foto: Adéle Bloem

“Dit is met ‘n seer hart dat ek dankie sê vir almal se boodskappe, gebede en omgee vir ons gesin gedurende hierdie moeilike tydperk. Ons het besluit om Zanerique se begrafnis ‘n oop begrafnis te maak, omdat sy so ‘n spontane dogtertjie was met ‘n groot liefde vir mense,” het sy afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button