Havies se nuwe hoofleiers

Hoofleiers reg om groot verantwoordelikheid te aanvaar

 

Laerskool Dr Havinga het die name van hul hoofleiers vir 2018 tydens die onlangse Graad 6-prysuitdeling bekendgemaak.

Runé Etsebeth en Juan Venter is as hoofdogter en -seun verkies. Die onderhoofleiers is Jenna-Vee Erasmus, Amey Gordon, Morgan Shezi, Jeandré Visser, Luan Maartens en JC Roux.

Havies se nuwe hoofleiers. Agter: Jenna-Vee Erasmus, Juan Venter, Runé Etsebeth, Morgan Shezi en Amey Gordon. Voor: JC Roux, Jenadré Visser en Luan Maartens.

Die leierkorps vir volgende jaar is almal tydens die Leierinhuldigingsfunksie amptelik as leiers van die skool ingehuldig. Dit was ‘n groot voorreg vir elke leerder om die leierooreenkoms te onderteken, en ook dan hul baadjies van hul ouers te ontvang.

Die huidige hoofleiers het by hierdie geleentheid amptelik die leisels aan die nuwe hoofseun en -dogter oorgegee toe hulle die skild aan hulle oorhandig het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version