Editor's choiceLocal newsNews

Kleuters stap ‘n rondte vir Cansa

R13 000 is aan Cansa oorhandig

 

“Die geld wat ons ingesamel het, gaan vir Tannie Ester help om medisyne vir al die siek mense te koop,” het Annemarie Jacobs gesê.Annemarie, wat die hoof by Karlien en Kandas Pre-Primêre skool is, het met ‘n breë glimlag vertel hoe die kleuters en hul ouers die R13 000 ingesamel het wat aan die Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa) oorhandig is.

Bailey Koen het die stap geniet.

Die oggend se aktiwiteite is vroeg-vroeg afgeskop met ‘n vinnige stappie om die blok en almal – kleuters, onderwysers en ouers – het pragtig in hul rooi hemde en kopdoeke vertoon. Die jonger deelnemers (twee- tot vierjariges) het net een rondte gestap, terwyl die vyf- en sesjariges twee rondtes aangedurf het. Die Cansa-gelukbringer, Toktokkie, het ook saam gestap.

Annemarie het vertel dat die kleuters en hul ouers baie ywerig tot die projek bygedra het deur hul voltooide Toktokkie-donasievorms te voltooi. “Die vorms het ‘n prentjie van Toktokkie op gehad, wat in verskillende dele opgedeel was. Elke deel was ‘n sekere bedrag werd, en sodra die bedrag ingesamel is, kon die betrokke blokkie ingekleur word. Die totale waarde van hierdie vorms was R170, en van ons kleuters het tot 12 vorms teruggebring,” het sy trots gesê.

AJ Lessing, Terry Terblanché, Toktokkie en André Borman.

Die ouers wat die oggend wou saamstap, moes R50-inskrywingsgeld betaal en ook hul eie hemp koop. Dit is by die groottotaal gevoeg wat aan Cansa oorhandig is.

Nadat die stap voltooi is, het die almal bymekaar gekom sodat die tjek aan Ester Pretorius van Cansa oorhandig kon word. Voor die groot seremonie begin het, het die kleuters eers elkeen ‘n rooi ballon wat met helium gevul was, die lug ingestuur. “Die ballonne en helium is deur een van ons ouers geskenk, en ons het gedink dat die hele ritueel vir die kinders pret sou wees,” het Annemarie gesê.

Die skool het ‘n sertifikaat van waardering van Cansa ontvang en die kleuters wat die meeste Toktokkie-vorms teruggebring het, het ook groot pryse ontvang. Zarika van der Westhuizen het 12 voltooide vorms teruggebring, Joha-nne Smit agt en Hayden Dalton sewe.

Agter: Nico Venter, Toktokkie, Taka Magenga. Voor: Jaco van der Merwe en Tertius Nieuwoudt.

Annemarie het die dag se aktiwiteite met die volgende woorde afgesluit, “Ons wil vir elkeen van ons borge dankie sê – Harm Botha van Dowry wat vir ons water geskenk het, Jaco van der Merwe van Property Bees wat ysies en skyfies geskenk het, Corrie Vrey van Steel Pipes Westrand asook Kobus Botha van CJ Electrical vir die pragtige hemde, en mnr en mev Dalton dat hulle ons pryse vir die dag geborg het”.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button