Almal voel weer tuis by Ons Huis

Almal is baie bedrywig by Ons Huis

 

“Baie dankie vir elkeen se geduld tydens hierdie projek, dit verloop baie goed,” het Marita van den Berg, die Ons Huis-bestuurder gesê.

Die sit-en-eetkamergedeelte by die tehuis vir bejaardes is onlangs opgegradeer en het ‘n groot verandering ondergaan. “Die grootste werk is afgehandel en dit lyk ongelooflik mooi. Ons wag nog net vir die nuwe gordyne en stoele, dan kan ons begin mooi maak. Ons is baie dankbaar vir hierdie verandering en dit is heerlik om die groot area, wat oop en lig is, te hê,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat hulle nog eetkamerstoele benodig, asook ‘n stoel met ‘n mooi, hoë rugleuning, wat hulle as die fokuspunt wil gebruik.

“As iemand ons dalk hiermee kan help, sal dit baie waardeer word. Ons wil ook graag versierings teen die mure plak, soos ‘n windpomp met voëls en vlinders wat daaruit vlieg,” het Marita gesê.

Nog ‘n nuwe verwikkeling by die sentrum, is dat hulle met ‘n ondersteuningsgroep wil begin, spesifiek vir die vriende en familie van mense met dementia. “Belangstellendes kan vir Wilna Dreyer kontak by 011 672 5018 of ‘n epos stuur na wilna@residentia.co.za. Ons beplanningsvergaderings is die laaste Donderdag van die maand om 10vm en 6.30nm,” het sy gesê.

Marita het genoem dat hulle ook graag ‘n deurskynende afdak tussen die kombuis en kantore wil opsit sodat die inwoners steeds buite in die son kan sit, maar beskerm kan word teen die wind en reën. “So ‘n afdak kos ongeveer R25 000, en ons sal dit opreg waardeer indien iemand ons kan help met ‘n donasie of borgskap,” het Marita gesê.

Die sentrum het ook die volgende items nodig, en sal dit baie waardeer as die gemeenskap kan help:

• Skottelgoedwasser

• Menger

• Voedselverwerker

• Enige tipe hanger, asook enige tweedehandse klere, materiaal, linne, gordyne

• Toiletware soos tandepasta, sjampoe, badskuim, skeermesse, skeerroom, lyfroom, babapoeier, aqueous room, sink en kamferroom, tandeborsels, waslappe, handdoeke, Strident, en onderarmsproei vir mans en vroue

Vir meer inligting of om ‘n bydrae te maak, kontak Marita by 011 672 5018 of onshuis@residentia.co.za.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version