Konferensie bied hoop vir vroue

Ons kaartjieverkope was basies 'n twee-vir-een, want ons wou graag hê dat elkeen wat 'n kaartjie vir die geleentheid koop

“Die idee met ons konferensie was om na gebroke vroue in die gemeenskap uit te reik,” het Rika Strydom van die Volle Evangelie Kerk in Wilropark verduidelik.

Sy was die organiseerder van die kerk se ‘Joy comes in the Morning’-vrouekonferensie wat onlangs plaasgevind het. “Nagenoeg 250 vroue het die konferensie bygewoon. Ons kaartjieverkope was basies ‘n twee-vir-een, want ons wou graag hê dat elkeen wat ‘n kaartjie vir die geleentheid koop, ‘n ander vrou in die gemeenskap saamnooi wat na hul mening die boodskap van die dag nodig het,” het Rika gesê.

Natasha en Cuan Odendaal. Foto’s: Adéle Bloem

Sy het bygevoeg dat elke vrou ook ‘n bidkussing ontvang het wat deur Faith Durie geborg is. “Ek het net twee hande en kan nie by almal in die gemeenskap uitkom nie, maar elkeen wat ‘n kaartjie gekoop het, was my hande wat gehelp het dat ons vroue van oraloor kon seën,” het sy gesê.

Die konferensie was nie net tot kerklidmate beperk nie, maar vir elkeen wat dit graag wou bywoon. “Ons idee met vandag se konferensie was nooit om iemand uit te sluit nie. Ons het vroue van alle denominasies en kulture verwelkom,” het Rika vertel.

Cyrildene van Heerden en Florence Mhlarhi.

Die dag was ‘n groot sukses, en elke vrou wat dit bygewoon het, is geseën met boodskappe van gassprekers Philip Otto, Leanda Otto, Faith Durie en pastoor Bertha Spies.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version