Drama is in haar bloed

Robyn leef haar passie uit

“Robyn is ‘n gebore ster. Hou hierdie spasie dop, sy gaan nog groot hoogtes bereik,” het Simoné Carstens, die eienaar van die Performing Artist Studios in Roodepoort gesê.

Robyn Joubert, ‘n Hoërskool Florida-leerder, het vanjaar by dié ateljee aangesluit om haar passie vir die uitvoerende kunste en drama uit te leef.

Robyn Joubert met van haar toekennings. Foto’s: Verskaf

Tydens haar eerste eisteddfod het sy ‘n monoloog opgevoer en ‘n A+++ simbool verwerf, wat aan haar ‘n uitnodiging besorg het om aan die Ekurhuleni Eisteddfod deel te neem. Leerders wat vir die nasionale kompetisie wil kwalifiseer, moet aan hierdie spesifieke eisteddfod deelneem.

Daarna het sy onderskeidings vir haar Afrikaanse en Engelse monoloë tydens die Bedford Eisteddfod verwerf. Sy het ook aan die Groter Ekurhuleni Eisteddfod deelgeneem, en 90 persent vir haar Engelse monoloog en 93 persent vir haar Afrikaanse monoloog verwerf.

“Ek is ongelooflik trots op Robyn, sy het baie hard gewerk. Met al hierdie prestasies het sy vir die 2018 Gauteng Eisteddfod gekwalifiseer, wat beteken dat sy ‘n kans staan om aan die nasionale kompetisie deel te neem,” het Simoné gesê.

Robyn erken dat sy nie al hierdie prestasies alleen sou kon behaal nie, en glo dat dit nie nét die resultaat van harde werk is nie. “Ek bedank my ma, Yolanda, wat my altyd ondersteun en motiveer om die beste te wees wat ek kan wees. Sonder haar sou ek nie die jong dame kon wees wat ek vandag is nie.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version