Editor's choiceLocal newsNewsUpdate

Elke tree is een nader aan ‘n oplossing

“Die MRI is gedoen, nou wag ons net vir die besluit oor die volgende stap”

“Ons het nog nie terugvoering ontvang nie, en wag in spanning vir wat volgende gaan gebeur,” het Selona van Aswegen gesê.

Haar kleinseun, Nathan Ungerer (18 maande), is met ‘n defek gebore wat glo net by een uit ‘n miljoen babas voorkom. Selfs dokters het gesê dat hulle nog nooit so ‘n probleem in hul loopbane teëgekom het nie. “Net na Nathan se geboorte het ek opgemerk dat daar ‘n probleem met sy linkervoet was. Volgens die dokters is al die beentjies in sy voet teenwoordig, maar omdat die limf nie na die res van sy liggaam terugvloei nie, is daar ‘n oormaat suurstof in die voet wat die beentjies vinniger laat groei,”het sy vertel.

Lees die oorspronklike artikel hier: Ouma vra net normale lewe vir kleinseun

Aanvanklik het hulle vreeslik gesukkel om ‘n MRI-skandering gedoen te kry, maar dit is uiteindelik gedoen. Nathan se behandeling kan nie daarsonder begin nie. “Die MRI was nogal interessant. Dit het gelyk asof Nathan se normale voet binne-in die opgeswelde voet is. Nadat ons die verslag ontvang het, het die ortopeed presies vir ons verduidelik wat al die mediese terme beteken, want dit was nogal verwarrend,” het Selona gesê.

Nathan Ungerer benodig ‘n operasie aan sy linkervoet. Foto: Adéle Bloem

Die hoof van plastiese chirurgie en ortopedie by die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal sou vroeër in September vir die gesin deur middel van ‘n aanbieding presies verduidelik hoe sake staan, maar die professor was siek en kon dit nie doen nie. Nathan is toe deur ‘n pediater ondersoek, wat ook al die nodige besonderhede aangeteken het. “Die pediater het onderneem om die uitslae met die professor te bespreek en ons te laat weet wat die behandeling gaan behels. Daar is ook twee privaat ortopede wat belang stel om Nathan te behandel,” het sy gesê. Sy het bygevoeg dat dit baie goed gaan met Nathan, behalwe dat sy voetprobleem keer dat hy mooi loop.

Die gesin is nie seker of Nathan by Charlotte Maxeke Hospitaal gehelp sal kan word nie, daarom vra hulle die gemeenskap om finansiële hulp indien hulle op die privaat ortopeed aangewese sou wees.

Om ‘n bydrae vir Nathan se behandeling te gee, kontak Amor van die Child Medi Organisasie by 062 266 0486, besoek hul webtuiste by www.childmedi.org of gaan na die Facebook-blad https://www.facebook.com/childmedi.org/?fref=ts.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button