NewsSchools

Kruiners speel gasheer vir WOW-spelfees provinsiale rondte

Vier leerders dring deur na nasionale rondte

Ongeveer 212 leerders van Graad 1 tot 10 het onlangs aan die provinsiale rondte van die Sanlam WOW-spelfees deelgeneem wat by Laerskool Helderkruin plaasgevind het.

Baie van die leerders het vir die eerste keer aan die spelfees deelgeneem en die senuwees het maar geknaag, maar die beamptes het hulle gou op hul gemak gestel.

Hierdie leerders, Kayla Ferreira (Graad 6), Hayden Vorster (Graad 2) en Mia Kotzee (Graad 5) gaan aan die nasionale rondte in Stellenbosch deelneem. Estee-Mari Smit was afwesig. Foto: Verskaf

Elke deelnemer moes ‘n skriftelike en ‘n mondelinge gedeelte voltooi. Tydens die skriftelike toets moes hulle 20 woorde neerskryf. Vir die mondeling het elke deelnemer ‘n ander woord gekry wat hulle binne 30 sekondes hardop moes spel of klank.

Graad 2-deelnemers aan die provinsiale uitdunrondte. Agter: Hayden Vorster en Liam Meintjies. Voor: Kayden de Kooker en Amorey Venter.

Daar was ‘n aankondiger wat die woorde vir die deelnemers gelees het, asook drie beoordelaars en ‘n tydhouer wat seker gemaak het niemand word benadeel nie.

Die Top 4-deelnemers in elke graad het toe gekwalifiseer om aan die nasionale rondte op 21 Oktober in Stellenbosch deel te neem.

Graad 2-deelnemers aan die provinsiale uitdunrondte. Agter: Miandie Breedt, Amoné Jonas en Henroe Greyling. Voor: Leané Nortjé.

Die Kruiners het baie goed tydens die provinsiale rondte presteer en spog met vyf leerders wat in die Top 10 geëindig het, asook vier leerders wat na die volgende rondte deurgedring het.

Die volgende leerders is onder die Top 10:

• Liam Meintjies (Graad 2) – Vyfde plek

• Ruewan Henning (Graad 3) – Agtste plek

• Thea Kotze (Graad 4) — 10de plek

• Teneal Grundlingh (Graad 6) – Negende plek

• Liezl Cloete (Graad 7) – Vyfde plek

Die leerders wat aan die nasionale rondte gaan deelneem, is Kayla Ferreira (Graad 6), Hayden Vorster (Graad 2), Mia Kotzee (Graad 5) en Estee-Mari Smit (Graad 3).

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button