Roodies se spellers is Wow!

Leerders dring na provinsiale uitdunne deur.

Twintig van Laerskool Roodekrans se leerders het baie goed presteer tydens die Sanlam Wow-spelfees.

Tydens die fees wat onlangs gehou is, het hierdie leerders deurgedring na die provinsiale uitdunne, wat op 15 September by Laerskool Helderkruin plaasvind.

Die Graad 6-groep is, agter: Lehan Kruger, Quintus Potgieter en Anke Janse van Rensburg. Voor: Keona Visagie en Brendon Porter.

Leerders van Graad 4 tot 7 het deelgeneem, en die volgende leerders sal aan die uitdunne deelneem:

Abigail van Heerden, Mienka Mostert, Monja van Heerden, Rohané Herbst, Zané du Plessis, Chinel Bentley, Eben Rall, Emile Odendaal, Jessy Bekker, Leila du Plessis, Anke Janse van Rensburg, Brendon Porter, Keona Visagie, Lehan Kruger, Quintus Potgieter, Kijanke Jansen van Vuuren, Leandie Engelbrecht, Marianka van den Berg, Marko Cronjé en Nadia Meyer.

Die Graad 4-speller is, agter: Abigail van Heerden, Monja van Heerden en Zané du Plessis. Voor: Rohané Herbst en Mienka Mostert. Foto’s: Verskaf

“Baie geluk, Roodies,” het Theolene Pienaar, die skakelbeampte by die skool gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version