Leerders skenk sakke vol liefde

Winterliefde-projek oortref alle verwagtinge

Hoërskool Bastion se leerders het onlangs bewys dat hul werklik vir hul medemens omgee. Jeanetta Lubbe, ‘n onderwyser by die skool het gesê, “As mens ‘n beroep op Bastion doen, word jy nooit teleurgestel nie”.

Sy het na die groot hoop kartonbokse en swartsakke vol niebederfbare voedsel, klere en komberse verwys wat die leerders ingesamel het.Die donasies is deel van die skool se winterliefde-projek wat in samewerking met die Round Table se Florida 2-tak van stapel gestuur is.

(WEB) Die bydraes tot die winterliefde-projek. Foto’s: Adéle Bloem

Joseph Heckler, die skakelbeampte van hierdie tak was oorweldig en stomgeslaan. “Toe ek met die hoof kom praat het, het hy gesê dat hy nie beloftes kon maak oor hoeveel donasies ons sal ontvang nie, maar ons het nie soveel verwag nie!” het hy met ‘n groot glimlag gesê.Joseph het oorspronklik die skool genader om te hoor of hulle lêers benodig. “Ons het ‘n groot hoeveelheid lêers van ‘n maatskappy ontvang, en het Bastion genader om te hoor of ons van hierdie lêers aan hulle kon skenk. Ons het 1 500 lêers aan die skool oorhandig, en hulle het besluit dat hulle, in ruil daarvoor, vir ons niebederfbare produkte sou insamel,” het hy vertel..

Hy het bygevoeg dat hierdie voedselprodukte, klere en komberse deur die lede van die Round Table in die gemeenskap versprei sal word, om dié in nood te help.“Ons het nog sowat 600 lêers oor, en wil dit graag aan belangstellendes verkoop om geld in te samel vir een van die organisasies waarna ons omsien. Hierdie organisasie sorg vir swanger vroue en pasgebore babas, en het altyd ‘n groot nood vir kos, hulp met die betaling van elektrisiteitrekeninge, doeke en nog vele ander benodigdhede,” het hy gesê.Enigiemand wat belangstel om hiermee te help, kan vir Joseph kontak by 076 188 3738.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version