Ons Huis word opgeknap

Enige donasies sal waardeer word.

Residentia Ons Huis in Florida, word tans opgeknap, en het die gemeenskap se hulp nodig.

“”Ons is tans met herstelwerk in ons eetkamer en sitkamer besig, en alles vorder baie goed,” het Marita van den Berg, bestuurder by Residentia Ons Huis in Florida gesê.

Sy het bygevoeg dat wanneer die herstelwerk voltooi is, hulle graag ‘n paar ekstra meubelstukke, soos vierkantige tafels in die eetkamer waarby die inwoners kan sit en eet, ‘n groot koffietafel waar hulle vir hulself kan koffie en tee maak gedurende die dag, kleiner koffietafels asook mooi gemakstoele plaas. “Ons wil ook die inwoners die geleentheid gee om in ‘n spesifieke area self kos in te skep, en daarvoor het ons bain-maries nodig. Ons wil graag mooi gordyne ophang en het ook huisplante nodig,” het sy gesê.

Maar, sonder die hulp van die gemeenskap sal hulle dit beslis nie regkry nie. “Daarom vra ons die gemeenskap om, indien moontlik, ‘n bydrae te maak. Dit kan ‘n donasie wees om die herstelkoste te help dek, of items wees wat ons nodig het. Finansiële bydraes kan in ons bankrekening inbetaal word by Absa Florida, rekeningnommer 0570600141,” het Marita gesê.

Ons Huis se jaarlikse kermis vind ook op 2 September plaas, en dit beloof om soos altyd groot pret te wees. “Ons beplan om dit op Hoërskool Florida se sportterrein te hou, en die aand gaan ons heerlik saam met al die Country Legendes kuier. Sou daar iemand wees wat ‘n stalletjie teen R100 wil bespreek, kan hulle my kontak by 011 672 0362 of ‘n sms na 082 952 2264 stuur,” het sy afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version