Editor's choiceLocal newsNews

Aftree is nie die einde nie

Die inwoners van Zonneveld het gesorg dat al die besoekers 'n bordjie met heerlike tuisgebakte lekkernye en 'n lafenissie vir die keel kon geniet

“Ons sal met liefde ons eenhede en dienste vir belangstellendes wys,” het Ann Jason, die bestuurder van die Witpoortjie Aftree-oord gesê.

Hulle het onlangs ‘n ope dag by Zonneveld Estate (net oorkant Witpoortjie Village) gehou, om mense te wys wat hulle bied. “Baie mense dink dat wanneer hulle na ‘n aftree-oord verhuis, hulle in ‘n ouetehuisomgewing gaan wees, maar dit is nie so nie. Ons inwoners is nog baie aktief en ons moedig hulle aan om aan die verskillende aktiwiteite en funksies deel te neem,” het sy gesê.Dit is bewys deur die groepie inwoners wat gesellig op die grasperk besig was om kroukie te speel, waarna hulle almal saamgekuier het.

Van links: Ann Jason (bestuurder van Witpoortjie Village) en Johan Raubenheimer (hoof uitvoerende beampte van die Flower Foundation). Foto’s: Adéle Bloem

Die inwoners van Zonneveld het gesorg dat al die besoekers ‘n bordjie met heerlike tuisgebakte lekkernye en ‘n lafenissie vir die keel kon geniet, terwyl hulle na dit wat die oord bied, gaan kyk het.

Benita Chapat, bemarkingkonsultant van die Flower Foundation (die eienaar van die twee oorde) het verduidelik dat hulle besig was om die eenhede op te gradeer. “Ons het reeds een voltooi, en wou dit graag vandag vir almal wys. Ons wil hê die inwoners moet sien hoe hulle eenhede kan lyk na die veranderings aan die kombuis, badkamer en slaapkamer. Ons het dit so ‘n bietjie gemoderniseer. Inwoners kan die eenhede koop voor die opgraderings gedoen is en ‘n bietjie meer spandeer om dit te verander, of hulle kan een koop wat klaar opgegradeer is,” het Benita gesê.

“Ons het eenhede beskikbaar vir mense wat in ‘n veilige en beskermde omgewing wil bly en graag met mense van hul eie ouderdom wil sosialiseer.

Ons reël ook baie funksies vir ons inwoners en ons moedig hulle aan om dit by te woon, want ons glo dat ons nog baie waarde tot hul lewens kan toevoeg,” het sy gesê.

Mense wat belangstel om na die eenhede te gaan kyk om te sien wat hulle bied, is welkom om Benita te kontak by 011 781 4920.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button