Editor's choiceNewsSchools

Drie silwer medaljes vir Florrie-danser

Tenicke skitter tydens wêreldkampioenskappe

‘n Graad 11-leerder van Hoërskool Florida het tydens die wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste, wat in Los Angeles plaasgevind het, geskitter.

Tenicke Smit het as deel van die Suid-Afrikaanse span aan die kompetisie deelgeneem en drie silwer medaljes, een elk vir akrobatiese solo, jazz solo en produksie, ingepalm.

Tenicke Smit tydens haar Jazz solo item. Foto: Verskaf

Hierdie jaar se kampioenskappe is deur 67 lande bygewoon en Suid-Afrika is deur 63 spanlede in verskeie kategorieë insluitend dans, instrumenteel, sang, drama en modelwerk verteenwoordig. Die span het ook darem ‘n kans gehad om die Hollywood Walk of Fame, Los Angeles Fashion District, Santa Monica Pier en Universal Studios te besoek.

Tenicke is reeds besig om vir die volgende groot kompetisie, wat in September plaasvind, voor te berei, en glo dat haar deelname aan dié kampioenskappe vir haar ‘n groot voordeel sal inhou. “Ek het soveel ondervinding by die kampioenskappe opgedoen, en dit was voorwaar ‘n eer om soveel dansers van regoor die wêreld te ontmoet en die kans te kry om teen van die bestes mee te ding,” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button