Editor's choiceNewsSchools

Jokfees: Dewald, donkies en dans

'Donkie'-resies beloof om groot pret te wees.

Vandeesweek lig ons twee van die hoogtepunte van hierdie jaar se Jokfees by Hoërskool Florida uit.

Op 3 Augustus om omstreeks 6.30nm sal die gewilde sanger Dewald Wasserfall optree. Die kunstenaar wat bekend is vir sy gewilde liedjies soos Eendag as ons groot is, Sewentien en Vergeet wat jy weet van liefde sal dan ook sy derde en nuutste album, Jy is die storm, bemark. Kaartjies is reeds by Hoërskool Florida se finansiële kantoor beskikbaar teen R90 elk.

Foto ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Dan eindig die weeklange fees op ‘n hoë noot met die sogenaamde Donkey Derby. Die speletjie is geskoei op ‘n perdewedren maar in plaas van perde neem ‘donkies’ deel. Die donkies wat deelneem is die kaartjiekopers. Die spel word met twee dobbelstene gespeel en die gaste kan dan weddenskappe op hulle ‘donkie’ plaas. Klink dit dalk vreemd?

Woon die aand by teen R250 per persoon en vind uit watse groot pret dit is. Die kaartjie sluit ook ‘n driegangmaaltyd in, daar is geskenkies vir paartjies en dit sluit af met ‘n dans.

Vir meer inligting kan die skool se skakelbeampte Morné Hanekom by 082 515 8400 geskakel word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button