Lang diens en lojaliteit vereer

Hoërskool Roodepoort sê dankie aan twee personeellede

Hoërskool Roodepoort het onlangs twee personeellede vir hul jarelange diens vereer.

Mabel Mosadi en Piet Jacobs is tydens ‘n spesiale seremonie vir hul lojaliteit aan die skool bedank.

Johan van Jaarsveldt oorhandig Mabel Mosdi se toekenning.

Mabel, wat reeds 30 jaar diens by die skool het, was baie aangedaan toe sy haar toekenning van die skoolhoof, Johan van Jaarsveldt ontvang het, en het gesê, “Baie dankie my mense, julle is soos my kinders. Ek werk al baie lank hier en weet alles – goed en sleg. Ek gaan nog ‘n hele klomp jare hier werk, en sal altyd aan julle dink.”

Piet het ‘n toekenning vir sy 31 jare van diens ontvang. Johan het hom beskryf as een van die beste trekkerbestuurders wat hy nog ooit ontmoet het.

“Hierdie twee mense het diep spore in die Roodie-geskiedenis getrap. Ons glo hulle sal vir nog baie jare hier wees,” het Johan afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Exit mobile version