Editor's choiceNewsSchools

Vlamme betyds by skool geblus

Geen skade aan skoolsaal of ander geboue nie

“Ons is baie dankbaar, want as ons nie daar was om die vlamme te blus nie, kon dit soveel erger gewees het.”

So het Julius Katzke, hoof van Hoërskool Florida gesê nadat twee sipresbome ongeveer 8nm gisteraand (13 Junie) op die skoolgronde vlam gevat het.

“Ons het ‘n vergadering in die personeelkamer gehad toe ons inligting kry oor ‘n brand naby die restaurant. By nadere ondersoek het ons gesien dat twee sipresbome aan die brand geslaan het. Gelukkig het ons baie vinnig gereageer en kon die brand gou met die skool se brandslange blus. Ek weet nou nog nie wat die oorsaak van die brand was nie, want daar is geen oorhoofse kragkabels naby die twee bome nie,” het hy gesê. Hy het bygevoeg dat daar geen skade aan die restaurant of skoolsaal is nie.

Volgens hom het iemand wel die brandweer geskakel, en hulle was op die toneel. “Toe die brandweer opdaag, het ons reeds al die vlamme geblus en die situasie was onder beheer,” het Julius gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Bloem

Adele Bloem has been writing for the Roodepoort Record/ Northsider since 2016 and covered a range of topics, including hard, municipal, school, sport and other community articles. Since 2019, she is the editor of the two Roodepoort newspapers, ensuring every loyal reader receives a quality offering jam packed with the news they want to read.

Related Articles

Back to top button