Editor's choiceNewsSchools

‘n Spoggerige ma-en-dogterdag

Roodies se jaarlikse ma- en dogterdag ‘n groot sukses

Laerskool Roodekrans se jaarlikse ma-en-dogterdag het die afgelope Saterdag (10 Junie) plaasgevind, en dit was ‘n groot sukses.

Die tema vir dié jaar se funksie was Gatsby, en van die oudste tot die jongste was in hul beste vere uitgevat.

“Ons reël elke jaar so ‘n geleentheid, maar dit is nie net om geld in te samel nie, dit is ‘n geleentheid waar ma’s en dogters lekker kan saamkuier en die dag geniet.

Ons ondersteun ook ‘n liefdadigheidsorganisasie, en dié jaar sal ‘n persentasie van die geld wat ons insamel aan NG Welsyn geskenk word. Die res van die geld sal vir skoolaangeleenthede aangewend word,” het organiseerder Maryna Welman gesê.

NG Welsyn is ‘n gesinssorg-organisasie in Roodepoort wat  aan gesinne met kinders onder 18 jaar dienste lewer. Hulle het tans ‘n behoefte aan plekke van veiligheid en pleegouers. Vir meer inligting, kontak hulle by 011 955 6924 gedurende kantoor ure.

Die kunstenaar wat vir die dag se vermaak gesorg het, was Jak de Priester, en hy was baie opgewonde om by hierdie geleentheid op te tree. “Dit was vir my baie lekker om hier in te stap en te sien hoe mooi al die ma’s en dogters lyk. Hulle het baie moeite gedoen om volgens die tema aan te trek,” het hy gesê.

“Ek wil net aan al die ma’s wat gesorg het dat hul tafels so mooi gelyk het, en elkeen wat my met reëlings gehelp en ondersteun het, baie dankie sê. Sonder elkeen van julle sou die dag nie so ‘n groot sukses kon wees nie. Baie dankie dat julle altyd 100 persent gee. Dit gebeur net een keer ‘n jaar dat oumas, ma’s en dogters hulself ‘n bietjie kan optof en tyd saam spandeer. Dit is ‘n geleentheid wat gebruik moet word, want ons almal het soms nodig om ‘n bietjie bederf te word,” het Maryna afgesluit.

Vir meer fotos, kliek hier.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button