Bome vir ‘n beter toekoms

Wes-Randse skole ontvang bome as deel van groen-inisiatief

Laerskool Dr Havinga was een van ses Wes-Randse skole wat die afgelope Vrydag (19 Mei) bome van Telesure ontvang het.

“Hierdie is ‘n spesiale Vrydag en ons het iets uitgedink sodat julle vir ‘n rukkie nie in die klas hoef te wees nie,” het Ona Steyn, die voorsitter van die beheerliggaam, tydens die oorhandigingseremonie gesê.

Van links: Heinrich Jacobs, Carmen Nel en Kara Botha (Havie-leierraad) het een van die bome geplant.

Sy het vertel dat Telesure ‘n maatskappy is wat glo dit is belangrik om ‘n beter toekoms vir ons kinders te verseker.

“Hulle het besluit om ‘n inisiatief te begin om werknemers aan te moedig om minder papier te gebruik deur een boom vir elke 9 000 bladsye wat gespaar is, aan ‘n skool te skenk,” het sy gesê

Die skoolhof van Dr Havinga, Leon Visser, het die maatskappy vir die donasies bedank en drie van die bome is daar en dan geplant. “Bome simboliseer lewe. Almal het stambome wat sê waar ons vandaan kom en waarnatoe ons op pad is. Teen die spoed wat alles op die Aarde opgebruik word, moet ons êrens begin teruggee. Ons is baie dankbaar vir hierdie inisiatief, en ek wens meer besighede wil dit doen. Dit gee ons ook die geleentheid om kinders meer van bome en die omgewing te leer,” het hy gesê.

Captain Cartridge het ook die seremonie bygewoon.

Daar is 100 bome by Laerskool Dr Havinga afgelewer, wat tussen die ses skole verdeel sou word. Die ander skole is Lantern, Roodepark, Laerskool Florida, Florida Park High School en Hoërskool Die Adelaar.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version