Roodies wen groot met inkleurkompetisie

Roodie–karnaval wenners aangewys

Die skoolsaal was vol stralende gesiggies en daar was ‘n atmosfeer van afwagting tydens die saalopening.

Delné Henning en Dejané Sutil het die eerste prys vir Graad 6 gedeel.

Die rede vir dié opgewondenheid was dat die wenners van die inkleurkompetisie wat tydens die Roodie Karnaval gehou is, aangewys sou word.

Roelien Vorster (Record-redakteur) en Khloé Osmers (Graad 1-wenner).

Die Record was deel van Laerskool Roodekrans se jaarlikse pretdag wat op 6 Mei gehou is, en het ‘n inkleurkompetisie vir leerders van Graad R tot 7 aangebied. Daar is ‘n eerste, tweede en derde plek vir elke graad aangewys, en die wenners het elkeen ‘n snoepiebewys ontvang wat deur die Record geborg is.

Daniélle van der Walt was die Graad 4-wenner.

Die wenners is as volg:

• Graad R – Samantha Harris (afwesig tydens fotosessie)

• Graad 1 – Khloé Osmers

• Graad 2 – Danya Bothma

• Graad 3 – Arno Wolmarans

• Graad 4 – Daniélle van der Walt

• Graad 5 – Chinel Bentley

• Graad 6 – Delné Henning en Dejané Sutil

• Graad 7 – Marco van Tonder

Arno Wolmarans was die wenner vir Graad 3.

Die Record wens al hierdie leerders hartlik geluk met hul prys!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version