Oupas en oumas bederf

Immergroen Seniorklub bederf seniors

Die Discovery-ontspanningsentrum was feestelik versier en die tafels het gekreun onder al die lekkernye vir die spesiale gaste.

Die Immergroen Seniorklub het ‘n bederfdag vir Roodepoort en omliggende areas se senior burgers in die vorm van ‘n oupa-en-ouma-dag op die oggend van 5 Mei gereël. Daar was musiek, sang, voordrag asook ‘n gelukstrekking waarna gaste kon uitsien. Die dag se eregaste was onder meer Louise Snyman van Radio Kansel, Sonja Meyer van die Demokratiese Alliansie (DA) asook verteenwoordigers van die Purple Grace Foundation.

Van links: Marian Venter (leier van Immergroen Seniorklub), Annette Malan (komiteelid) en Sonja Mayer (DA-raadslid).

Annette Malan, ‘n komiteelid van Immergroen, het die oggend se verrigtinge met verwelkomings en afkondigings begin, waarna Dave Dykman met gebed geopen het.

Daarna het Anneke Viljoen van Purple Grace Foundation kortlik van hul organisasie vertel, asook verduidelik wat hulle doen. “Ons is ‘n niewinsgewende organisasie wat in 2013 gestig is, met die fokus op gemeenskap en evangelie. Die organisasie word deur vrywilligers bestuur en ons betaal vir meeste van die goedjies uit ons, ons vriende en familie se sakke,” het sy gesê. Sy het ook genoem dat die organisasie poog om aan mense hul menswaardigheid en trots terug te gee. “Ons lewe in ‘n bedelaarsgemeenskap – mense bedel vir kos, geld, rugbytoere en nog soveel meer. Ons gee nie geld nie, maar nooi hulle na ons perseel, waar ons vir hulle kos gee en ‘n bietjie tyd saam met hulle spandeer en gesels,” het Anneke gesê. Die agt lede van Purple Grace Foundation het toe ‘n program aangebied en die seniors het heerlik saam hande geklap en gesing.

Anneke Viljoen en Yolandi Jurgens bedien die gehoor met sang.

Na die musiekprogram het die Immergroen-lede ‘n gelukstrekking gedoen en heerlike pryse uitgedeel. Mariana Venter, die leier van die Immergroen Seniorklub, het ‘n paar bedankings gedoen en mense met hul verjaarsdae gelukgewens voordat sy verduidelik het waaroor die klub gaan. “Hierdie byeenkoms vanoggend is om mense bewus te maak van ons klub. Ons wil vreeslik graag ons ledetal vermeerder en belangstellendes uitnooi om by ons aan te sluit,” het sy gesê.

Anneke Viljoen verduidelik waaroor Purple Grace gaan.

Vir meer inligting oor die Immergroen Seniorklub, kontak vir Annette Malan by 082 387 8431 of amalan777@gmail.com of vir Mariana Venter by 011 762 3441.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version