Editor's choiceNewsSchools

Roodies hou karnaval

Jaarlikse Roodie-dag sorg vir groot pret

Al die kleurvolle stalletjies, hempies, maskers, baniere en hansworse wat op Laerskool Roodekrans se rugbyveld uitgestal was, het vir ‘n feestelike atmosfeer gesorg tydens die jaarlikse Roodie-karnaval op Saterdag 6 Mei.

Jenna Cronjé en Amelia Schutte (Gr 3) het hierdie oulike speelgoed by een van die stalletjies gekoop.

Laerskool Roodekrans se leerders het die verrigtinge met ‘n optog afgeskop. Elke graad het vooraf twee dierename uit ‘n hoed getrek, en moes ‘n nuwe dier daaruit skep. Vir die optog moes elke groep ‘n banier met die nuwe dier daarop, asook bypassende maskers maak wat tydens die optog beoordeel sou word. Daarna het die dag se pret in alle erns begin, met verskillende speletjies vir elke graad.

Samantha Harris (Gr R) (links) en Culette Pretorius (Gr 2) het heerlik ingekleur.

Maar wat is ‘n karnaval nou sonder heerlike eet- en drinkgoed? Daar was boereworsrolle, pannekoeke, vetkoeke, hamburgers, spookasem, springmielies, kolwyntjies en muffins. Vir die groot dors was daar ‘n verskeidenheid van koeldranke en die teetuin het gesorg vir koffie, tee en warmsjokolade.

Die stalletjies het iets na elkeen se smaak verkoop – van silwerjuweliersware en speelgoed tot SandArt vir dié wat ietsie mooi wou maak.

Roodie-onnies, Michelle Marais (links) en Danielle van Zijl.

Die Record het ‘n inkleurkompetisie vir Roodie-leerders van Graad R tot 7 aangebied, en die stalletjie is baie goed ondersteun. Roelien Vorster, die Record-redakteur, het haar dank teenoor die skool uitgespreek vir die geleentheid om deel van dié dag te kon wees. “Dit was ‘n besondere, goed georganiseerde dag, en elke leerder wat by ons stalletjie kom inkleur het was baie goed gemanierd. Daar was nie een keer ‘n stryery oor ‘n sitplek of uitdraaikryt nie. Laerskool Roodekrans kan beslis trots wees op hul leerders,” het sy gesê.

Dehan Malan, 7, het die SandArt probeer.

Vir meer fotos, kliek hier.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button