Toneelslypskool by Roodepoort Teater

ATKV bied toneelslypskool by teater aan

Is jy ‘n regisseur of aspirantregisseur wat nuwe tegnieke wil leer om jou visie en konsep op die verhoog te laat lewe? Dan is dié toneelslypskool net vir jou.

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) bied van 4 tot 7 Julie ‘n toneelslypskool in regie, spelleiding, spel en tegniese aspekte by die Roodepoort Teater aan.

Die kursusaanbieders is Mari Borstlap, Konrad Botha en Ira Blanckenburg.

Mari is ‘n teaterregisseur, dramaturg en ontwerper en sy sal op die eerste dag van die slypskool, wanneer regie en al die verskillende aspekte daarvan bespreek word, advies oor die boublokke van regie gee.

Die tweede dag handel oor die tegniese aspekte wat deur Konrad aangebied word. Hy is die eienaar van Playworks en spesialiseer in belingtingsontwerp en -uitvoering vir feeste, kunstenaarsoptredes, teaterproduksies, modeparades en bekendstellingsgeleenthede.

Die laaste twee dae sal deur Ira behartig word en sy sal aspekte van toneelspel en spelleiding aanraak. Sy is ‘n professionele teateraktrise en sal deur middel van interaktiewe lesings en praktiese aktiwiteite verseker dat toneelspelers die regte hulpmiddels ontvang.

Die slypskool is hoofsaaklik vir volwassenes, ontwikkelende leerders asook aspirant regisseurs. Die koste beloop R500 per persoon per dag, en dit sluit alle kursusmateriaal, middagete en ligte verversings in. Belangstellendes kan vir een, twee, drie of selfs al vier dae inskryf. Sertifikate van bywoning sal aan elke kursusganger oorhandig word.

Die sluitingsdatum vir registrasie is 15 Junie en ‘n deposito van 50 persent is betaalbaar by inskrywing. Belangstellendes word aangemoedig om sou gou as moontlik in te skryf, aangesien net ‘n beperkte aantal kursusgangers geakkommodeer kan word.

Vir meer inligting kontak Cindy du Plessis by 011 919 9109 of stuur ‘n epos na cindyd@atkv.org.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version