Local newsNews

Have a Heart-stigter se gesondheid knak

Hy is onlangs met kanker in sy oor gediagnoseer en hoewel die gewasse uitgesny is, het die kanker volgens die dokter na die res van sy liggaam versprei.

Die stigter en bestuurder van Have a Heart Care Centre, Marius Oelofse se gesondheid is besig om vinnig agteruit te gaan.

Hy is onlangs met kanker in sy oor gediagnoseer en hoewel die gewasse uitgesny is, het die kanker volgens die dokter na die res van sy liggaam versprei. “Ek het vir die dokter gesê dat ek nie meer vir chemoterapie kans sien nie, ek sal eerder gaan vir bestraling. Chemo maak my klaar. Ek kry erge hoofpyne en gooi verskriklik op,” het Marius verduidelik.

Twee werkers is besig om die brandtrappe op die grondvloer oop te kap.

“Ek kan nog tot 11vm uithou, daarna het ek geen energie vir die res van die dag nie. Die chemo het my hart aangetas en die feit dat ek elke dag trappe by die sentrum moet klim, maak my verskriklik moeg.”

Hy het gesê sodra hy voel dat hy nie meer die mas kan opkom nie, sal sy swaer, Anton Schlebush, die leisels oorneem. “Dit word ook so in my testament bepaal. Hy is reeds by die sentrum betrokke.”

Marius het verduidelik dat die vorige bestuurder, wat tans gevangenisstraf uitdien vir verkragting, die sentrum groot skade berokken het. “Ons moes ‘n uitsettingbevel kry vir die inwoners wat aan dwelms verslaaf is. Die vorige bestuurder het met al die kos weggeloop, wat veroorsaak het dat Checkers nie meer wil bydra nie. Ons het boonop ‘n besoek van die Department van Gesondheid ontvang wat verskeie veiligheidsmaatreëls vereis.”

Die stigter en bestuurder van die Have a Heart Care Centre in Roodepoort SSG, Marius Oelofse by die brandslag en -blussers wat hulle moes aanskaf. Foto: Roelien Vorster.

Marius het gesê die houtafskortings tussen die kamers moet verwyder word, die brandtrappe wat die eienaar van die gebou toegebou het, moet oopgebreek word en hulle moes brandslange en -blussers aanskaf.

“Henk en Diane Niepage van Bamba Bopa Konstruksie is tans besig om te help om die belangrikste goed te herstel. Die dak, wat verskriklik lek, moet ook vervang word. Die eienaar dra nie ‘n sent by nie.”

Marius het gesê hulle benodig ‘n gasstoof, ou klere vir ‘n rommelverkoping asook ‘n voertuig om die bejaardes by die kliniek te kry. “Hulle kan nie meer self loop of die trappe klim nie.

“Ek is bang vir wat die toekoms inhou en hoewel ek vertrou dat dinge gaan uitwerk, bly ek ‘n mens met ‘n diepgewortelde vrees vir wat die kanker aan my gaan doen. Dis net deur die genade van Bo dat ek nog staande is.”

Die sentrum het tans 17 betalende en agt nie-betalende inwoners.

Enige iemand wat Marius en die Have a Heart Care Centre kan bystaan, word gevra om Marius te skakel by 082 952 7151.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button