Vier Roodekrans atlete kwalifiseer vir SA Kampioenskappe

Skitterende atletiekseisoen vir Laerskool Roodekrans

Hierdie jaar se atletiekseisoen was een van die bestes wat Laerskool Roodekrans nog ooit beleef het.

Roodies se atlete het nie net die meeste medaljes tydens die Interlaer ingepalm nie, maar het ook die grootste verteenwoordiging in die Roodepoortspan gehad.

Tydens die Interlaer-byeenkoms het 121 atlete deelgeneem. Hulle het 25 goue-, 21 silwer- en 24 bronsmedaljes verower. Vier-en-vyftig van hierdie atlete het gekwalifiseer om aan die Roodepoort-kampioenskappe deel te neem.

Die Roodepoort-kampioenskappe het 22 goue-, 14 silwer- en 10 bronsmedaljes opgelewer en 27 atlete is in die Roodepoortspan – wat aan die D12 byeenkoms deelgeneem het – opgeneem.

Tydens die D12 kampioenskappe het 19 atlete vir deelname aan die Gauteng kampioenskappe gekwalifiseer. Hierdie byeenkoms het op 3 en 4 Maart plaasgevind en die atlete het puik prestasies behaal. Na afloop van die byeenkoms het vier atlete vir deelname aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gekwalifiseer.

Die atlete wat aan die SA Kampioenskappe in Potchefstroom gaan deelneem, is Amy Pretorius (spiesgooi meisies o.13), Suené Steenkamp (spiesgooi meisies o.12), Jordan Binneman (100 en 150 meter naelloop meisies o.12) en Rachel Wiggel (hoogspring meisies o.10).

Theolene Pienaar van die skool het gesê dat hulle baie trots op al die atlete en hul uitstekende uitlae is. “Die uitstekende uitslae kan beslis aan die aanmoediging van leerders om in hulle massas aan alle sportsoorte deel te neem, toegeskryf word,” het sy gesê.

“Baie sterkte aan elkeen van die meisies wat aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem, ons weet dat julle ons skool met trots sal verteenwoordig,” het sy afgesluit.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version