NewsSchools

Florrie matrieks sê hul sê

Leerders presteer uitstekend by kompetisie

Die matriek leerders van Hoërskool Florida is op almal se lippe na hul uitstekende prestasie by die High Schools 56th Public Speaking Festival.

Die kompetisie is by Summerhill College in Midrand aangebied en ses skole het teen mekaar meegeding. Hoërskool Florida was die enigste Afrikaanse skool wat deelgeneem het.

Volgens Morné Hanekom, die skool se skakelbeampte, kon hulle hul eie onderwerp kies. “Ons kon enige idioom gebruik en ons keuse was The best thing since sliced bread,” het hy gesê.

Die Florrie-span het ‘n A+ simbool behaal met ‘n persentasie van 90 persent of meer, en is ook as die algehele wenners van die aand se verrigtinge aangewys. “Die leerders het almal met hul indrukwekkende toesprake verras. Ons is ongelooflik trots op hierdie prestasie en wil net weereens elke leerder geluk wens,” het Morné gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button